Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Title details for Landbouweekblad by Media 24 Ltd - Available

Landbouweekblad

Dec 28 2023
Magazine

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Landbouweekblad

’n Geil jaar wag

Die ander sê • Litigasie beduiwel die energie-oorgang

Stories wat in die landbou saak maak

‘Rooigrond was nie maklik uit’ • Die 51-jarige dr. Tobias Doyer, vanaf 8 Januarie Graan SA se nuwe uitvoerende hoof, wou aanvanklik ’n boer word, maar dié plan het ‘taamlik skeefgeloop’.

ONS GESELS MET ...

Brandstofprys, wisselkoers sluk marges in

Kersfees, familie, vriende... en tuine

Briewe

Kaapstad sonder ’n hawe?

Só beding boere tot 75% afslag op eiendomsbelasting • Dit ís moontlik om vir boere ’n billiker bedeling vir hul munisipale belasting te bewerkstellig, maar dit verg geduld, vasberadenheid en ’n bereidwilligheid om die hand na amptenare uit te steek, soos wat in die Vivo-, Alldays- en Koedoesrand-omgewing in Limpopo gebeur het.

Takel veiligheid saam met die polisie • Plaaswagte se werk kan doeltreffender wees as hulle nou met die plaaslike polisie saamwerk en bande smee met die ondersoekbeamptes in hul distrik.

Greenlands Kunsmis: Só is boere glo ‘gedrop’ • Ondanks vroeë bestellings het jare lange lojale klante van Greenlands Kunsmis begin November gehoor die maatskappy sal vanjaar geen kunsmis kan lewer nie.

Kunsmislewering: Interdik om LBW te muilband misluk • Hof gelas tydelike verbod op publikasie van ‘vertroulike inligting’.

Landbou veg verbete teen talle krisisse • ’n Tanende wêreldekonomie en bedrukte plaaslike toestande het vanjaar die Suid-Afrikaanse landbousektor se aanpasbaarheid en vermoë om planne te maak, behoorlik getoets.

Landbouweekblad bring hulde • Die landbou het vanjaar ’n aantal baanbrekers aan die dood afgestaan wat nog lank in die bedryf onthou sal word vir die bydraes wat hulle gelewer het.

Die hartseer van swak beplanning • ’n Regter in die appèlhof in Bloemfontein het eenkeer gesê: ‘I am astounded by the fact that so many people allow untrained advisers to compile the most important document of their lives.’Dit is steeds van toepassing.

Só dra boerderye van verskillende groottes by tot landbougroei • Kleiner boerderye se omset het die afgelope paar jaar vinniger toegeneem as dié van groot boerderye.

Stewige stelselbelegging plaas Premier op die voorvoet • Die aandeelhoudingstruktuur van hierdie voedselgroep kan binne die afsienbare toekoms anders daar uitsien.

Britse parlement bekyk supermarkte se ‘boeliegedrag’

Minder metaangas: Maar beteken dit meer melkwins?

Vlermuise ’n pes? Nee, hulle help plae bestry

‘Wie’s baas en wie’s die hond?’ • Die meeste boere het ’n hond of drie wat hom of haar oral volg. Dié vierpotiges boer fluks saam, ry agterop die bakkie lande toe, kyk saam na beeste en skape, en is selfs getroue skou- en veilinggangers. Die hond is inderdaad die mens se beste vriend.

Verklein — en groei vinniger • ’n Deurlopende strewe na beter produksietegnieke, opleiding en om die vreugde van tuinmaak weer in sy klante se hande terug te sit, is kenmerke van Jimie Malan se boerdery.

‘X-strale en bloedtoetse’ vir gesonde saaigrond • Grondtoetse maak dit vir Nicky van der Linde moontlik om uitstekende grondgesondheid te handhaaf, selfs al doen hy nie verminderde bewerking nie. Selfgemaakte kompos en presisietoediening het sy kunsmisrekening met ’n derde gesny — teen vanjaar se pryse ’n koel R3,5 miljoen.

2023 Tegnologie versnel, maar die mens bly nie agter nie • Tegnologie se ontwikkeling is in die binnebaan, kunsmatige intelligensie raak minder van ’n bedreiging, en ’n...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans